Oorsig
Onderwysopleiding aan die Noordwes-Universiteit het al sedert 1919 'n trotse geskiedenis en die Fakulteit Opvoedkunde is tans die grootste voorsiener van kontak en oopafstands-onderrig in Suid-Afrika. Die feit dat so baie onderwysers kies om hulle professionele kwalifikasies by ons op te gradeer en soveel voornemende studente aansoek doen vir BEd en ons ander programme spreek boekdele. Ons dink dit sê iets oor…
- die kwaliteit van die werk wat in ons programme gedoen word (gegrond, professioneel, krities en akademies);
- die aandag wat personeel aan studente skenk (toegewyde, professionele akademiese en administratiewe personeel wat omgee);
- die kwaliteit studentelewe en ontwikkeling wat die fakulteit bied (sosiaal, kultuur, sport, geïntegreerde ontwikkeling en gemeenskapsbetrokkenheid);
- die uitstekende reputasie wat ons studente en afgestudeerde onderwysers geniet en hoog aangeskryf word deur skole regdeur die land.
Die Fakulteit doen lank reeds navorsing in die velde van menseregteopvoeding in diversiteit, geletterdheidsteorie en praktyk, selfgerigte leer, werksomgewings en gemeenskapsgebaseerde navorsing.
Fakulteit in 'n oogopslag
Onderrig en Leer

Taalonderwys
Afrikaans vir Onderwys
Engels vir Onderwys
Setswana en Afrikatale vir Onderwys

Psigososiale Onderwys
Opvoedkundige Sielkunde
Lewensoriëntering
Leerderondersteuning
Bewegingsonderwys
Vroeëkinderontwikkeling- en opvoeding

Professionele Studies
Kurrikulumstudies
Onderwysreg en -beleid
Onderwysbestuursleierskap
Vergelykende Opvoedkunde

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie vir Onderwys
Rekenaarwetenskaponderwys
Geografie-onderwys en Omgewingsopvoeding
Wiskunde-onderwys
Natuurwetenskappe-onderwys
Tegnologie Onderwys

Besigheid en Sosiale Studies in Onderwys
Skeppende kunste vir Onderwys
Ekonomiese en Bestuurswetenskaponderwys
Geskiedenisonderwys



