Oorsig

Onderwysopleiding aan die Noordwes-Universiteit het al sedert 1919 'n trotse geskiedenis en die Fakulteit Opvoedkunde is tans die grootste voorsiener van kontak en oopafstands-onderrig in Suid-Afrika. Die feit dat so baie onderwysers kies om hulle professionele kwalifikasies by ons op te gradeer en soveel voornemende studente aansoek doen vir BEd en ons ander programme spreek boekdele. Ons dink dit sê iets oor…

  1. die kwaliteit van die werk wat in ons programme gedoen word (gegrond, professioneel, krities en akademies);  
  2. die aandag wat personeel aan studente skenk  (toegewyde, professionele akademiese en administratiewe personeel wat omgee);
  3. die kwaliteit studentelewe en ontwikkeling wat die fakulteit bied (sosiaal, kultuur, sport, geïntegreerde ontwikkeling en gemeenskapsbetrokkenheid);
  4. die uitstekende reputasie wat ons studente en afgestudeerde onderwysers geniet en hoog aangeskryf word deur skole regdeur die land.
Die Fakulteit doen lank reeds navorsing in die velde van menseregteopvoeding in diversiteit, geletterdheidsteorie en praktyk, selfgerigte leer, werksomgewings en gemeenskapsgebaseerde navorsing.

Fakulteit in 'n oogopslag

Onderrig en Leer

Taalonderwys

Afrikaans vir Onderwys

Engels vir Onderwys

Setswana en Afrikatale vir Onderwys

Psigososiale Onderwys

Opvoedkundige Sielkunde

Lewensoriëntering

Leerderondersteuning

Bewegingsonderwys

Vroeëkinderontwikkeling- en opvoeding

 

 

Professionele Studies

Kurrikulumstudies

Onderwysreg en -beleid

Onderwysbestuursleierskap

Vergelykende Opvoedkunde

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie vir Onderwys

Rekenaarwetenskaponderwys

Geografie-onderwys en Omgewingsopvoeding

Wiskunde-onderwys

Natuurwetenskappe-onderwys

Tegnologie Onderwys

Besigheid en Sosiale Studies in Onderwys

Skeppende kunste vir Onderwys

Ekonomiese en Bestuurswetenskaponderwys

Geskiedenisonderwys

 

 

Navorsingsentiteite


Ontdek meer