Hierdie fakulteit het ten doel om ’n leier in nagraadse opleiding en ondersteuning te wees en om nuwe benaderings te ondersoek om kundiges op die verskillende gebiede van onderwysleierskap op te lei. Ons bied gespesialiseerde nagraadse opleidingsprogramme wat sal verseker dat studente die nodige kennis, vaardighede, waardes en motivering verkry om verdere studies in opvoedkunde aan te pak. Ons bevorder, koördineer en doen wetenskaplike navorsing in onderwysprobleme op alle vlakke deur voorgeskrewe opleidingsprogramme. Ons bevorder studente wat die vermoë toon om provinsiale, nasionale en internasionale praktyke en tendense en die implikasies daarvan vir nasionale ontwikkeling te beoordeel.
Belangrike inligting vir M- en D-aansoekers
Honneursgraad in Opvoedkunde
PROGRAMME |
Kwalifikasiekode |
Kurrikulum |
Sluitingsdatum vir 2021 aansoeke |
Afrikaanse Taalonderwys |
4EB L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Inligtingstegnologie-Onderwys |
4EJ L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Rekenaartoepassingstegnologie-Onderwys |
4BG L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Kurrikulumstudies |
4ED L01 Contact 4EC L01 Distance |
O601P/V/ ODL |
30 Junie 2022 |
Onderwysbestuur en -Leierskap |
4EW L01 Contact 4EX L01 Distance |
O601P/V/M/ODL |
30 Junie 2022 |
Opvoedkundige Sielkunde |
4EF L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Onderwys vir Spesiale Behoeftes |
4 EQ L01 Contact ES L01 Distance |
O601P/V/M/ODL |
30 Junie 2022 |
Lewensoriëntering |
4EU Contact EV L01 Distance |
O601P/ODL |
30 Junie 2022 |
English Language Education |
4EG L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Geografie-Onderwys |
4EH L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Omgewings Opvoeding |
4ET L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Geskiedenis-Onderwys |
4BF L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Wiskunde-Onderwys |
4EM Contact EL L01 Distance |
O601P/M/ ODL |
30 Junie 2022 |
Liggaamlike Opvoeding |
4EN L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Lewenswetenskappe-Onderwys |
4EK L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Fisiesewetenskappe-Onderwys |
4EP L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Tegnologie-Onderwys |
4ER L01 |
O601P |
30 Junie 2022 |
Nagraadse onderwyssertifikaat - Seniorfase en verdere onderwys en opleidingsonderrig (GR. 7 - 12) | 4DC G01 Contact | 0100P | 30 Junie 2022 |
Meestersgraad in Opvoedkunde (MEd)
Program | Programkode | Kurrikulumkode | Sluitingsdatum vir aansoeke |
---|---|---|---|
Onderwysreg | 4CG N01 |
O801P
|
30 September |
Opvoedkundige Sielkunde | 4CH N01 |
O801P
|
30 September |
Internasionale en Vergelykende Opvoedkunde | 4CJ N01 | O801P | 30 September |
Wiskunde-onderwys | 4CK N01 | O801P | 30 September |
Onderwys vir Spesiale Behoeftes | 4CL N01 | O801P | 30 September |
Filosofie van Opvoedkunde | 4CM N01 | O801P | 30 September |
Bewegingsonderwys | 4CN N01 | O801P | 30 September |
Rekenaarwetenskaponderwys | 403 131 | O812P | 30 September |
Onderwysbestuur en Leierskap | 4CB N01 | O801M | 30 September |
Wiskunde-/Wetenskaponderwys | 403 114 | O814M | 30 September |
Nagraadse onderwyssertifikaat - Seniorfase en verdere onderwys en opleidingsonderrig (GR. 7 - 12) | 4DC G01 Contact | 0100P | 30 Junie 2021 |
Doctorsgraad in Opvoedkunde (PhD)
Program | Programkode | Kurrikulumkode | Sluitingsdatum vir aansoeke |
---|---|---|---|
Lewenswetenskappe-onderwys | 4CA R10 | O901P | 30 September |
Onderwysbestuur
|
4CA R06 | O901P/M | 30 September |
Onderwysreg | 4CA R05 | O901P | 30 September |
Opvoedkundige Sielkunde | 4CA R07 | O901P | 30 September |
Vergelykende Opvoedkunde | 4CA R01 | O901P | 30 September |
Wiskunde-onderwys | 4CA R09 | O901P | 30 September |
Onderwys vir Spesiale Behoeftes
|
4CA R14 | O901P | 30 September |
Filosofie van Opvoedkunde | 4CA R11 | O901P | 30 September |
Liggaamlike Opvoeding | 4CA R12 | O901P | 30 September |
Rekenaarwetenskaponderwys
|
4CA R02 | O901P | 30 September |
Kurrikulumstudies
|
4CA R03 | O901P/M | 30 September |
Hierdie programme is by die Hoër Onderwys Kwaliteitskomitee (HOKK) van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) in Suid-Afrika geakkrediteer. Ons bied verskillende navorsingsgebiede aan wat deur vakkundiges in hulle navorsingsprojekte/fokusgebiede of in spesialisasie met hoogs gekwalifiseerde studieleiers en promotors gedek word. Navorsing word uitgevoer binne die reeks fokuspunte van die fakulteit, met navorsingsprojekte wat óf deel van Suid-Afrikaanse óf van internasionaal-befondsde projekte is.
- Ons nagraadse grade kan op ’n voltydse of deeltydse basis verwerf word.
- MEd-studies kan binne ’n minimum van een jaar tot ’n maksimum van drie jaar verwerf word.
- PhD-studies kan binne ’n minimum van twee jaar of ’n maksimum van vier jaar verwerf word.
- Daar is slegs twee maniere om navorsing vir ’n PhD in te dien:
- ’n Navorsingstesis.
- Navorsingsartikels oor ’n goedgekeurde navorsingsonderwerp om aan die vereistes vir ’n PhD-graad te voldoen (sien vereistes).
Om die program in nagraadse studies toeganklik te maak sonder om die hoë gehalte van navorsing te beperk, word ’n goedgekeurde navorsingsondersteuningsprogram aangebied. Studente word tydens hulle eerste jaar van inskrywing deur vakkundiges in die fakulteit gemoniteer en toegerus sodat hulle daarin kan slaag om goedgekeurde voorleggings op hulle navorsingsgebied in te dien. Een van die voordele van ’n aansoek vir nagraadse studie is die beskikbaarheid van die deeltydse en voltydse nagraadse beurse wat deur die NWU en die fakulteit befonds word.