Home

 

 

 

Wat is Selfgerigte Leer (SGL)?

“In sy breedste betekenis beskryf selfgerigte leer ʼn proses waardeur individue die inisiatief neem, met of sonder die hulp van ander, om hulle leerbehoeftes te diagnoseer, leerdoelwitte te formuleer, menslike en materiële hulpbronne vir leer te identifiseer, toepaslike leerstrategieë te kies en implementeer, en leeruitkomstes te evalueer” (Knowles, 1975).

Wat doen ons by die Navorsingseenheid Selfgerigte Leer ?

Ons visie is om selfgerigte leer te bevorder wat sal lei tot lewenslange leer in alle onderwyssektore deur uitstekende navorsing.

Ons missie is:

  • Om navorsing te doen oor strategieë en kontekste wat bydrae lewer tot selfgerigte leervaardighede vir die 21ste eeu met unieke 4IR-eise;
  • Om die gehalte van ons navorsingsuitsette te optimaliseer en die resultate daarvan plaaslik en internasionaal te dissemineer;
  • Om akademiese personeel te ondersteun om relevante kennis te ontwikkel en internasionale erkenning te verkry;
  • Om gehalte-nagraadse opleiding te voorsien om selfgerigte leer in alle onderwyssektore te bevorder;
  • Om ons kennis te deel vir die bevordering van selfgerigte leer-praktyke.
  • Om ons kennis - waar moontlik, deur middel van oop lisensies of in die openbare domein te deel om selfgerigte leerpraktyke te bevorder.
  • Om navorsing te doen oor selfgerigte leer vir gemeenskapsbetrokkenheid.

In ons navorsing fokus ons op die bevordering van selfgerigte leer in alle onderwyssektore. Ons doelwit is om strategieë vir diverse kontekste voor te stel wat kan bydra tot die ontwikkeling van selfgerigte leer-vaardighede. Die doelwit is om die algehele kundigheid van selfgerigte leer internasionaal en op die Afrika-kontinent te verbreed.

 


UNESCO Leerstoel oor Multimodale Leer en OOH

 

Die stigting van ’n leerstoel oor multimodale leer en oop opvoedkundige hulpbronne (OOH) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is onlangs deur UNESCO goedgekeur. Die leerstoel val binne die Navorsingseenheid Selfgerigte Leer in die Fakulteit Opvoedkunde.

 

 

 

SDL Scheme new