Tuis

Welkom by die Skool vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie vir Onderwys. Die skool bied relevante, hoë kwaliteit onderrig aan, wat die graduandi voorberei om as effektiewe onderwysers te kan funksioneer, om kwaliteit navorsing te kan doen en om as lewenslange leerders te kan funksioneer. Die skool sluit die volgende vakgroepgroeperings in: Natuurwetenskappe-onderwys, Wiskunde-onderwys, Rekenaarwetenskaponderwys, Geografie-onderwys en Omgewingsopvoeding en Tegnologie vir onderwys.

Die Skool vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie vir Onderwys is verantwoordelik vir die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS)-program waarin studente wat reeds oor ʼn toepaslike graad beskik as onderwysers opgelei kan word.

Benewens die bogenoemde is die skool ook betrokke by:

  • die aanbieding en aflewering van die nagraadse programme (BEd Hons, MEd en PhD) in onderwys, en
  • die aanbieding van verskeie kortleerprogramme waartydens onderwysers se vakkennis verbreed kan word, en wanneer hulle ook aan nuwe metodologieë blootgestel sal word ten einde onderrigleer in hul klaskamers te verbeter.  

Studente word toegerus om innoverende bydraes op beide nasionale en internasionale vlakke te lewer. Ons hoogs bekwame en toegewyde personeel wil verseker dat elke student sy of haar volle potensiaal ontwikkel.

Vakgroepe

“Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.” ― Nelson Mandela