Tuis

Die Skool vir Psigososiale Onderwys fokus op die bio-psigo-sosio-spiritueel-akademiese welstand van babas, kleuters, voorskoolse kinders, leerders, onderwysers, skole en die onderwyssisteem as geheel. Die Skool bied die noodsaaklike biologiese, sielkundige, sosiale, spirituele en akademiese onderbou aan voornemende en diensdoenende onderwysers om babas, kleuters, voorskoolse kinders en leerders holisties te ontwikkel.

Bewegingsonderwys Vroeë Kindontwikkeling en –opvoeding se fokus is om babas, kleuters, voorskoolse kinders and vroeë kinderjare-leerders te ontwikkel en op te voed, Bewegingsonderwys se klem val op die gesonde biologiese ontwikkeling van leerders, Opvoedkundige Sielkunde gee veral aandag aan die gebalanseerde sielkundige ontwikkeling van die kind, Lewensoriëntering se aksent is op die skoolvak en die sielkundige, sosiale en spirituele ontvouing van die leerder, terwyl Leerderondersteuning onderwysers toerus om leerders wat enige tipe hindernis tot leer ervaar, betekenisvol te ondersteun.

Die Skool vir Psigososiale Onderwys ondersteun gehalte onderwyseropleiding deur middel van fokusse op die holistiese ontwikkeling van die baba, kleuter, voorskoolse kind en vroeë kinderjare-leerder, en die daarstel van deernisvolle onderwysers wat omgee, spesialis vroeë kinderjare/Gr R/Grondslagfase, en bewegings-, lewensoriëntering- en leerderondersteuningsopvoeders, asook lekeberaders.

Vakgroepe