Visie en Missie

Visie

Verbreed grense in en deur onderwys.

Missie

Die missiestelling van die Fakulteit sluit o.a. die volgende in:

  • Omvorming van opvoedkundige akademieskap deur innoverende praxis
  • Fasilitering, verspreiding en evaluering van kundigheid in ʼn opvoedkundige konteks en bevordering van kritiese diskoers oor onderwysbeleid en -praktyk
  • Inisiëring en uitvoering van sosiaal-verantwoordbare opvoedkundige navorsing in diverse kontekste
  • Ontwikkeling en aflewering van gehalteprogramme vir die onderwysprofessie
  • Samewerking met gemeenskappe vir sosiale en opvoedkundige verandering
  • Inspirering van professionele opvoeders om agente vir verandering te wees
  • Bevordering van lewenslange leer

 

*Soos deur lede teenwoordig by die Buitengewone Fakulteitsraadsvergadering, 2 Oktober 2014 voorgestel vir goedkeuring tydens die Fakulteitsraadsvergadering, Februarie 2015