Sentrum vir Onderwyserontwikkeling (SOO) in Mahikeng
Die SOO werk nóú saam met die Noordwes Departement van Onderwys om onderwysers met die immerveranderende eise van klaskamerpraktyke te help. Deur ons programme sal leerders die voordeel trek van 21ste-eeuse vaardighede, wat hulle sal help om hulle plek in ons hoogs mededingende en vinnigveranderende geglobaliseerde gemeenskap te kry. Ons verskaf geleenthede vir lewenslange leer aan praktiserende onderwysers wat hulle sal help om hulle volle potensiaal te bereik. Om onderwysers se behoeftes te akkommodeer, bied ons voltydse kwalifikasies waar onderwysers aandklasse kan bywoon, of deeltydse programme met sessies op Saterdae en tydens vakansies.
Die onderrigtaal is Engels, terwyl Tswana wyd op die kampus gepraat word. Die skool lok ook onderwysers van naburige SAOG-lande. Aangesien ons programme hoogs interaktief is, sal julle dikwels in groepe werk. Wees voorbereid om in ’n span saam te werk en tegnologie ter wille van spaninteraksie te gebruik.
Die indiensopleidings- en verdere opleidingsprogramme sluit die volgende in:
Die ineenloping van ’n aantal sosiale en ekonomiese faktore het die NWU se belangstelling in die kommersialisering van die Fakulteit se kennisuitset laat toeneem. Die Fakulteit identifiseer bemarkbare opvoedkundige produkte deur bande met ander instellings te versterk. ’n Kantoor vir Kortleerprogramme (KLP) bied professionele ontwikkeling en opleiding en ondersteun ook kommersialisering van skeppende innovering. Die Fakulteit verbreed sy kommersiële ervaring vanaf die terrein van wetenskap en tegnologie na die kommersialisering van werkverwante leer. Die doel van die Kantoor vir Kortleerprogramme (KLP) is om deur middel van entrepreneuriese ondernemingsgees die aanstelbaarheid van opvoeders en departementele amptenare te verhoog. Informele kortleerprogramme Formele kortleerprogramme Kortleerprogramme
Nasionale Professionele Onderwysdiploma (NPOD)
Moontlike loopbane
Kantoor vir Kortleerprogramme (KLP) in Potchefstroom
Doelstellings en Doelwitte
Produkte en Dienste – Kortleerprogramme (KLP)
Marksegmentering/Teikengroep
Stategie en Implementeringsopsomming