Voorgraadse studieopsies

Opvoedkundige Sielkunde 

Oorsig

Die vakgroep Opvoedkundige Sielkunde bied ‘n verskeidenheid modules in Opvoedkundige Sielkunde aan op voorgraadse vlak.

Opvoedkundige Sielkunde fokus hoofsaaklik op menslike kognisie, emosies en gedrag soos dit in die verskillende ontwikkelingsfases in diverse opvoedkundige en sosiale kontekste manifesteer.

Die voorgraadse modules in Opvoedkundige Sielkunde se doel is om studente-onderwysers toe te rus met dissipline-spesifieke kennis en ’n ingeligte begrip van die leerders se kognisie, emosies en gedrag soos dit in die skoolsituasie manifesteer, en hoe om leerders se sielkundige welstand te bevorder.

Op nagraadse vlak word die volgende programme in Opvoedkundige Sielkunde aangebied:

  • BEdHons in Opvoedkundige Sielkunde: Die suksesvolle voltooiing van die akademiese en praktiese dele van hierdie program lei tot registrasie as geregistreerde voorligter by die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA).
  • BEdHons in Ovoedkundige Sielkunde: Die suksesvolle voltooiing van die akademiese (kursuswek en navorsingsprojek) en diensleer-aspekte van hierdie program stel die student in staat om verskeie inisiatiewe rakende akademiese, sosiale en gemeenskapsgeleenthede binne hul omgewing te verstaan en prakties te implementeer. Hierdie kwalifikasie sal die student fasiliteer om as onderwyser te funksioneer met 'n bykomende in-diepte opvoedkundige sielkunde kennis wat in die daaglikse klaskameraktiwiteite toegepas kan word. Daar moet kennis geneem word dat hiedie kwalifikasie nie sal lei tot registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCSA) as 'n geregistreerde berader nie, maar die student in staat sal stel om aansoek te doen vir die MEd (Opvoedkundige Sielkunde)-graad, wat uiteindelik mag lei tot registrasie as 'n professionele opvoedkundige sielkundige
  • MEd in Opvoedkundige Sielkunde: Dit is ’n navorsingsprogram en vereis dat die student oor ’n relevante onderwerp op die gebied van Opvoedkundige Sielkunde navorsing doen, en om ’n verhandeling vir eksaminering in te dien.
  • PhD in Opvoedkundige Sielkunde: Dit is ’n navorsingsprogram en vereis van die student om oor ’n relevante onderwerp op die gebied van Opvoedkundige Sielkunde navorsing te doen en om ’n oorspronklike en beduidende bydrae tot die bestaande korpus kennis in Opvoedkundige Sielkunde te maak. ’n Tesis moet vir eksaminering ingedien word.

 

Graad opsies

 

Leerderondersteuning

Oorsig

Die vakgroep Leerderondersteuning bied ‘n verskeidenheid modules in Leerderondersteuning op voorgraadse vlak aan.

Leerderondersteuning fokus hoofsaaklik op leerders wat leerhindernisse ervaar, en hoe om hulle optimaal te identifiseer, te ondersteun en in inklusiewe klaskamers en skole te akkommodeer.

Die voorgraadse modules in Leerderondersteuning se doel is om studente-onderwysers toe te rus met dissipline-spesifieke kennis en ’n ingeligte begrip van die uiteenlopende leerhindernisse, en kennis van hoe om leerders met leerhindernisse optimaal te identifiseer, te ondersteun en in inklusiewe klaskamer- en skoolomgewings te akkommodeer.

Op nagraadse vlak word die volgende programme in Leerderondersteuning aangebied:

  • BEdHons in Leerderondersteuning: Die suksesvolle voltooiing van die akademiese en praktiese dele van hierdie program lei tot registrasie as geregistreerde voorligter by die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA).
  • MEd in Leerderondersteuning: Dit is ’n navorsingsprogram en vereis dat die student oor ’n relevante onderwerp op die gebied van Leerderondersteuning navorsing doen, en om ’n verhandeling vir eksaminering in te dien.
  • PhD in Leerderondersteuning: Dit is ’n navorsingsprogram en vereis van die student om oor ’n relevante onderwerp op die gebied van Leerderondersteuning navorsing te doen en om ’n oorspronklike en beduidende bydrae tot die bestaande korpus kennis in Leerderondersteuning te maak. ’n Tesis moet vir eksaminering ingedien word.

 

Leerderondersteuning fokus hoofsaaklik op menslike kognisie, emosies en gedrag soos dit in die verskillende ontwikkelingsfases in diverse opvoedkundige en sosiale kontekste manifesteer.

Leerderondersteuning fokus hoofsaaklik op leerders wat leerhindernisse ervaar, en op hoe om hulle optimaal te identifiseer, te ondersteun en in inklusiewe klaskamers en skole te akkommodeer.

Die voorgraadse modules in Leerderondersteuning se doel is om studente-onderwysers toe te rus met dissipline-spesifieke kennis en ’n ingeligte begrip van die leerders se kognisie, emosies en gedrag soos dit in die skoolsituasie manifesteer, en op hoe om leerders se sielkundige welsyn te bevorder.

Op nagraadse vlak word die volgende programme in Leerderondersteuning aangebied:

  • BEdHons in Leerderondersteuning: Die suksesvolle voltooiing van die akademiese en praktiese dele van hierdie program lei tot registrasie as geregistreerde voorligter by die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA).
  • MEd in Leerderondersteuning: Dit is ’n navorsingsprogram en vereis dat die student oor ’n relevante onderwerp op die gebied van Leerderondersteuning navorsing doen, en om ’n verhandeling vir eksaminering in te dien.
  • PhD in Leerderondersteuning: Dit is ’n navorsingsprogram en vereis van die student om oor ’n relevante onderwerp op die gebied van Leerderondersteuning navorsing te doen en om ’n oorspronklike en beduidende bydrae tot die bestaande korpus kennis in Leerderondersteuning te maak. ’n Tesis moet vir eksaminering ingedien word.
  • Op nagraadse vlak word die volgende programme in Leerderondersteuning aangebied:

Graad opsies

Lewensoriëntering

Oorsig

Lewensoriëntering is 'n verpligte leerarea Gr R - 9 en skoolvak vanaf Gr 10 tot 12 wat in Suid-Afrikaanse skole aangebied word. Die rasionaal van die vak is om leerders toe te rus om sinvol en suksesvol te wees in 'n veranderde samelewing en wreld. Lewensoriëntering soos in Nasionale Kurrikulumverklaring (2003) uiteengesit ontwikkel vaardighede, kennis, waardes en houdings by leerders. Hierdie bemagtiging lei daartoe dat leerders ingeligte besluite sal kan neem wat moreel verantwoordelik en verantwoordbaar is ten opsigte van gesondheidsbevordering, sosiale, persoonlike en liggaamlike ontwikkeling en beweging sowel as orintering ten opsigte van die wreld van werk. Hierdie vyf fokusgebiede het betrekking op mense- en omgewingsregte soos vervat in die Grondwet. Leerders sal ook leer om hulle Grondwetlike regte en verantwoordelikhede te kan beoefen deur ander se regte te respekteer en om verdraagsaam te wees teenoor kultuur- en religieusediversiteit om sodoende 'n demokratiese samelewing op te bou. Om hierdie vak tot sy reg in skole te beklemtoon is dit belangrik om voornemende onderwysers op te lei wat 'n sinvolle bydrae kan lewer in die opvoeding en onderwys van ons land se leerders. Onderwysers wat die vak sal aanbied sal 'n groot aandeel h in die persoonlike groei en sosiale verantwoordbaarheid van leerders wat ook daartoe sal help om 'n produktiewe ekonomie en dus verbeterde lewensgehalte te skep vir alle burgers van die land.
 

Op nagraadse vlak word die volgende programme in Lewensoriëntering aangebied:

Baccalaureus Honneurs in Lewensoriëntering: Die doel van hierdie kwalifikasie is om 'n nagraadse spesialisering in Lewensoriëntering te bied. Hierdie kwalifikasie sal studente se kundigheid in Lewensoriëntering konsolideer en verdiep en hulle voorberei op navorsingsgebaseerde nagraadse studie in hierdie geselekteerde spesialiseringsveld. Die doel sluit ook die ontwikkeling van kapasiteit in navorsingsmetodologie, ontwerp en tegnieke van die gekose spesialisering in. Die kwalifikasie bied aan die suksesvolle student die geleentheid om in te skryf vir 'n magistergraad in Lewensoriëntering, gebaseer op die pedagogiese en navorsingsgrondslag van die BEdHons-kwalifikasie.

 

Graad opsies

Bewegingsonderwys

Oorsig

Bewegingsonderwys spreek die fokusarea van Liggaamlike Opvoeding en Sportbestuur aan. Liggaamlike Opvoeding is een van die fokusareas van Lewensoriëntering is (50% van Lewensoriëntering se tyd in die skool word aan Liggaamlike Opvoeding toegedeel),terwyl Sportbestuur fokus op die werk van 'n sportbestuurder of sportorganiseerder in die skool. Volgens die Kurrikulum- en Assesseringbeleidstelling (CAPS) is Lewensoriëntering een van die vier verpligte kernvakke wat in Graad 12 geslaag moet word, voordat 'n leerder aan die vereistes voldoen om 'n Nasionale Senior Sertifikaat te verwerf.

Indien u Liggaamlike Opvoeding en Sportbestuur as kernmodule kies, kan u Liggaamlike Opvoeding sowel as Lewensoriëntering op skool fasiliteer. Aanvullend tot u kwalifikasie as Liggaamlike Opvoeding-onderwyser, sou u ook kwalifiseer as Sportorganiseerder, Sportafrigter of Rekreasie-aktiwiteit organiseerder.

Die kernmodule Liggaamlike Opvoeding en Sportbestuur - sluit die volgende in: sportgeskiedenis en etiek, basiese sportvaardighede, sportbestuur, opvoedkundige, gimnastiek, toegepaste anatomie en fisiologie, oefenkunde, rekreasiekunde, opvoedkundige, dans, opvoedkundige spele, perseptueel-motoriese, ontwikkeling, talentidentifisering, sportafrigting, sportspele en assessering in sport en Liggamlike Opvoeding.

Na die voltoojing van die B.Ed graad met Liggaamlike Opvoeding en Sportbestuur as hoofyak, kan u ook voortgaan met 'n Honneurs. M.Ed en PhD waarin u in Liggaamlike Opvoeding spesialiseer. 

Graad opsies

Vroeëkinderontwikkeling- en opvoeding

Oorsig

Suid-Afrika benodig peuters, kleuters en jong leerders tussen die ouderdomme 0-9 jaar om gestimuleer, ontwikkel en voldoende opgevoed te word in VKOO-programme om hul latere doel as hoë-funksionerende en vaardige volwassenes te vertolk om die land en ekonomie te ontwikkel tot sy volle potensiaal.  

Die VKOO-vakgroep bied ten einde die bogenoemde doel verskeie sertifikaat-, diploma- en graad-kursusse aan vir aspirant onderwysers om leerders tussen die ouderdomme 0-9 jaar te onderrig en help ontwikkel. Ons eerste nagraadse kwalifikasie (‘n honneurs in VKOO) maak ook binnekort sy verskyning wat gevolg word met ‘n meesters- en doktorale graad in VKOO.

Ons doelwit is om ‘n vakgroep te wees wat kwaliteit onderwyser-opleiding voorsien op voorgraadse en nagraadse gebiede. Verder streef ons daarna om robuuste navorsings- en gemeenskapsverbintenis inisiatiewe te implementeer wat ons personeel en studente in staat stel om te ontwikkel deur lewenslange leerders te word vir die VKOO-veld. Ons streef verder daarna om relevante en gekontekstualiseerde programme, navorsing- en gemeenskapswerk daar te stel ten einde die teorie-praktyk tekortkominge te vernou.

Ons program-fokus sluit in:

  • ‘n Speelgebaseerde leerbenadering;
  • moedertaal-onderrig vir ons graad-kursusse in Engels, Afrikaans, Tswana, Zulu, Pedi en Sotho.
  • praktiese leerervaring wat met gepaste literatuur begrond is;
  • voorbereiding vir multigraad onderrig binne die Suid-Afrikaanse konteks;
  • ‘n geïntegreerde en gebalanseerde benadering tot Huistaal, Addisionele Taal, Wiskunde en Lewensvaardighede;
  • die betrekking van internasionale sowel as nasionale oorsigte in VKOO om gekontekstualiseerde onderrig te verseker; en
  • om ons studente voor te berei om in diverse omstandighede en aanpasbare sosio-ekonomiese uitdagings steeds kwaliteit onderrig te lewer.

Graad opsies

Kwalifikasie opsies:

  • BEd in Grondslagfase onderwys (Gr. R-3) (kontak en afstand)
  • Diploma in Graad R onderrig (afstand)
  • GSO/GDO in Grondslagfase onderrig (afstand)
  • Kort-kursusse in Graad R onderrig (afstand/landswyd)

 

Komende kwalifikasies:

  • BEd in Vroeëkindersorg en -onderrig (0-4 jariges) (afstand)
  • BEd Honneurs in Vroeëkinderontwikkeling en -bestuur (afstand en kontak)
  • Meesters- en doktorale grade in Vroeëkinderontwikkeling