Oorsig

Die Skool vir Psigososiale Onderwys bied nie ‘n afsonderlike voorgraadse program aan nie, maar steun die BEd graad en Nagraadse Onderwyssertifikaat asook indiensopleidingskwalifikasies soos die Gevorderde Sertifikaat in Onderwys – deur middel van spesifieke gespesialiseerde modules - om te fokus op die nodige bio-psigo-sosiale-spirituele onderbou van die programme.

Op nagraadse vlak het ons egter in elk van die vier areas Honneursprogramme met artikulerende M- en D- programme (sien asb Nagraadse Studies).