Tuis

Suid-Afrika benodig peuters, kleuters en jong leerders tussen die ouderdomme 0-9 jaar om gestimuleer, ontwikkel en voldoende opgevoed te word in VKOO-programme om hul latere doel as hoë-funksionerende en vaardige volwassenes te vertolk om die land en ekonomie te ontwikkel tot sy volle potensiaal.  

Die VKOO-vakgroep bied ten einde die bogenoemde doel verskeie sertifikaat-, diploma- en graad-kursusse aan vir aspirant onderwysers om leerders tussen die ouderdomme 0-9 jaar te onderrig en help ontwikkel. Ons eerste nagraadse kwalifikasie (‘n honneurs in VKOO) maak ook binnekort sy verskyning wat gevolg word met ‘n meesters- en doktorale graad in VKOO.

Ons doelwit is om ‘n vakgroep te wees wat kwaliteit onderwyser-opleiding voorsien op voorgraadse en nagraadse gebiede. Verder streef ons daarna om robuuste navorsings- en gemeenskapsverbintenis inisiatiewe te implementeer wat ons personeel en studente in staat stel om te ontwikkel deur lewenslange leerders te word vir die VKOO-veld. Ons streef verder daarna om relevante en gekontekstualiseerde programme, navorsing- en gemeenskapswerk daar te stel ten einde die teorie-praktyk tekortkominge te vernou.

Ons program-fokus sluit in:

  • ‘n Speelgebaseerde leerbenadering;
  • moedertaal-onderrig vir ons graad-kursusse in Engels, Afrikaans, Tswana, Zulu, Pedi en Sotho.
  • praktiese leerervaring wat met gepaste literatuur begrond is;
  • voorbereiding vir multigraad onderrig binne die Suid-Afrikaanse konteks;
  • ‘n geïntegreerde en gebalanseerde benadering tot Huistaal, Addisionele Taal, Wiskunde en Lewensvaardighede;
  • die betrekking van internasionale sowel as nasionale oorsigte in VKOO om gekontekstualiseerde onderrig te verseker; en
  • om ons studente voor te berei om in diverse omstandighede en aanpasbare sosio-ekonomiese uitdagings steeds kwaliteit onderrig te lewer.