Nagraadse Onderwyssertifikaat

NGOS (Senior en Verdere Onderwys en Opleidingsfase)

(Kwalifikasiekode vir aansoekvorm: Voltyds 4DC G02 en Afstand 4DD G02)

Nagraadse Onderwyssertifikaat brosjure

Die NGOS dien as ʼn professionele afrondingskwalifikasie vir kandidate wat reeds oor ʼn goedgekeurde driejarige universiteitsgraad beskik en genoeg krediete in goedgekeurde skoolvakke in die graad ingesluit het. ʼn Student spesialiseer om in die Senior en VOO-fase (Gr 7 tot 12) te kan klasgee.

Studente wat hierdie kwalifikasie, met die fokus op klaskamerpraktyk verwerf, is in staat om bewys te lewer van die kontekstuele rolle en vaardighede van ʼn effektiewe onderwyser.

Die minimum vereistes vir die NGOS in senior & VOO fase is ʼn relevante B-graad of kwalifikasie van ten minste 360 krediete met 2 skoolvakke in die kwalifikasie. Een skoolvak moet tot op 3de jaarvlak wees en die tweede skoolvak tot en met 2de jaarvlak, afhangende van die vak, want sekere vakke het vakspesifieke vereistes.

Studente van die Fakulteit Opvoedkunde moet voldoen aan die MRTEQ (Minimum Requirements for Teacher Education Qualifications) riglyne om 'n opleidingskwalifikasie te behaal. Die MRTEQ vereis dat 'n reeks opeenvolgende praktykdae voltooi moet word by 'n Fakulteit Opvoedkunde goedgekeurde skool as deel van die onderwysersopleidingsprogram. WIL (onderrigpraktyk) is dus 'n belangrike kenmerk van alle opleidingskwalifikasies en 'n voorvereiste om 'n kwalifikasie te verwerf. Die gestelde programvereiste, soos geregistreer by die HEQC, vir die NGOS-kwalifikasie is 'n totaal van 40 skoolgebaseerde onderrigpraktykdae. Alle studente moet 40 dae skoolgebaseerde onderrigpraktyk in hul studietydperk by 'n goedgekeurde fakulteit onderwys doen. Ononderhandelbare datums vir WIL word vir elke semester bepaal-20 dae in semester 1 en 20 dae in semester 2. Dit vereis dat die student 40 dae WIL gebruik in 'n studiejaar. Let wel-poste vir onderwyshulp, werk buite die skoolgebaseerde onderwyssektor of onderrig/bystand buite die Senior- en VOO-fase kan nie meegedoen word as onderrigpraktykdae nie. As die NGOS oor twee jaar voltooi is, word vereis dat didaktiese modules in die eerste studiejaar en WIL in die tweede studiejaar voltooi word. Dit is verpligtend vir NGOS-studente om hul WIL te doen in beide die Senior (Gr. 7-9) en die VOO (Gr. 10-12) tydens hul studietydperk, verkieslik VOO-fase in die eerste semester en Senior fase in die tweede semester. WIL behels bykomende finansiële koste wat die studente moet dra. Hierdie koste is nie by die klasgeld ingesluit nie.
 

Die NWU is een van die min universiteite wat die metodiek van Verbruikerstudies in onderwys in hul NGOS program aanbied.

Hierdie kwalifikasie word voltyds en afstand aangebied.

Om aanlyn aansoek te doen kliek hier

Vir verdere navrae kontak:

Ms Beula de Beer  - Potchefstroom Kampus

Tel: +27 (0)18 299 1856

Email: Beula.DeBeer@nwu.ac.za

Ms Debra Kadi  - Vanderbijlpark Kampus

Tel: +27 (0)16 910 3634

Email: debs.mathunye@nwu.ac.za 

Ms Prudence Mokawane - Mahikeng Kampus

Tel: +27 (0)18 289 2443

E-pos: Prudence.Mokawane@nwu.ac.za