Inleiding


 

Inleiding

 

 

Die stigting van ’n leerstoel oor multimodale leer en oop opvoedkundige hulpbronne (OOH) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is onlangs deur UNESCO goedgekeur. Die leerstoel val binne die Navorsingseenheid Selfgerigte Leer in die Fakulteit Opvoedkunde.

Die bevordering van multimodale en selfgerigte leer is as belangrike aspekte in die NWU se onderrig en leer-strategie geïdentifiseer. Dit vorm deel van die universiteit se verbintenis tot toeganklike en toepaslike hoëkwaliteitonderrig en -leer om studentesukses en ervaring van die kurrikulum te verbeter.

Die navorsing vir hierdie leerstoel sal fokus op multimodale leer (’n mengsel van persoonlike en e-leermodaliteite) asook die multigeletterdhede wat vereis word vir kultureel-toepaslike en doeltreffende leer binne ’n omgewing wat bevorderlik is vir selfgerigte leer en oop opvoedkundige hulpbronne (OOH) (ewekniebeoordeelde gedeelde aanlyn hulpbronne wat materiaal, boeke, video's, lesse en selfs volle kursusse insluit).

Die doel van die navorsingsleerstoel is (1) om netwerke rondom OOH en multimodale leer in Suider-Afrika te bou; (2) om kapasiteit by die NWU en in Suider-Afrika te bou; (3) om akademiese kundigheid onder die personeel ten opsigte van multimodale leer en die skepping en gebruik van OOH op te lei en te ontwikkel; asook (4) om navorsing oor OOH en multimodale leer te doen.

Die NWU het reeds ’n leidende rol in die bevordering van multimodale leer en navorsing oor OOH in die streek en internasionaal ingeneem. Die instelling is ’n lid van die nasionale vereniging vir afstandsleer en aanlyn leer in Suid-Afrika (NADEOSA), die Commonwealth of Learning, die netwerk vir die universiteit vir oop opvoedkundige hulpbronne (OERu) en Apereo. Die NWU het in November 2013 as ankervennoot by die OOH-netwerk aangesluit. Die stigting van die UNESCO-leerstoel is op 14 September 2016 deur die NWU se Institusionele Komitee vir Navorsing en Innovasie aanbeveel. Die formele ooreenkoms met UNESCO is op 15 April 2019 onderteken.

 

OOP ONDERWYS-WEEK 2022

Die UNESCO-leerstoel oor multimodale leer en OOH'e het vanjaar ook die 10de jaar van die internasionale Oop Onderwys-Week (https://oeweek.oeglobal.org/) gevier.

In 2022 is die UNESCO-leerstoel was betrokke by die volgende:

- Prestigelesing deur Thomas P. Mackey en Trudi E. Jacobson: 'Open Pedagogy and Metaliteracy
Dinsdag 8 Maart 2022.

- Colloquium: 'Creating open content in the Global South: A dialogue between Lebanon and South Africa'
Aanbieders: Jako Olivier (Noordwes-University) & Eugene Sensenig (Notre Dame Universiteit, Libanon)
Woensdag 9 Maart 2022.

- Webinaar 'OER for Microlearning' Saoedi-Arabie. Donderdag 10 Maart 2022. Aanbiedings deur Jako Olivier, prof. Rory McGreal (UNESCO/ICDE-leerstoel oor OOH's, Kanada), dr. Wayne Mackintosh (UNESCO-leerstoel oor OOH'e, Nieu-Seeland),  prof. Mpine Makoe (Commonwealth of Learning-leerstoel oor OOP's/OOH'e) en dr. Rami Alsakran (Saoedi-Arabië: Deputy General Director for Planning & Development, National eLearning Center).

 

 

Self-directed multimodal learning in higher education book

Sien gerus ons nuutste publikasie Self-directed multimodal learning in higher education
https://books.aosis.co.za/index.php/ob/catalog/book/210

 

NWU OOH-GENOTE

Die UNESCO-leerstoel oor multimodale leer en oop opvoedkundige hulpbronne (OOH) het onlangs die NWU OOH-genoteprogram vir NWU-dosente bekendgestel.

Vir meer inligting volg net hierdie skakel

 

NOMSA

Die Network vir OOH en Multimodale Selfgerigte Leer in Suider-Afrika (NOMSA) is 'n inisiatief van die NWU se UNESCO-leerstoel oor multimodale leer en OOH: http://nomsa.org/
 

Besoek ons Facebook-blad



Prof. Jako Olivier
E-pos: jako.olivier@nwu.ac.za
Fisiese adres: Gebou A9, Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Mahikeng


Meer inligting oor die UNESCO-leerstoelprogram: https://en.unesco.org/unitwin-unesco-chairs-programme