2020 Konferensie-aankondiging

 

Kennisgewing vir uitstel van die 5de jaarlikse Self-gerigte leer konferensie van 2020 na 2021

 

Dit is met groot spyt dat ons aankondig dat SDL 'n moeilike besluit geneem het om hierdie jaar se 5de jaarlikse Self-gerigte leer konferensie uit te stel, wat vanaf 2 tot 5 November 2020 sou plaasvind. Die konferensie sal steeds in Parys plaasvind , Vrystaat (presiese lokaal gaan mettertyd aangekondig word), maar sal nou in November 2021 plaasvind (inligting sal gekommunikeer word). Dit was nie 'n maklike besluit om te neem nie, maar ons glo vas dat dit die regte besluit is binne die konteks van die COVID-19-pandemie. Ons primêre fokus is die welstand van ons konferensie lede, wat gedurende hierdie ontsaglike moeilike tydperk baie onsekerhede sal hê om mee te kamp - ons hoop dat ons, deur vroeë, beslissende stappe te neem, ten minste een sodanige onsekerheid verwyder het.

 

Aangebied deur: Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Venue:  Parys, Vrystaat (presiese plek sal binnekort aangekondig word)

Datum: 2021

Konferensie-tema:  Sal binnekort aangekonding word

 

Referaatindienings:

Gebruik asseblief hierdie templaat as riglyn vir referaatindienings.

 

Kontakinligting

E-pos:  SDL@nwu.ac.za

Tel:  +27 (0)18 299 4780