Visie
Verbreed grense in en deur onderwys.
Missie
Die missiestelling van die Fakulteit sluit o.a. die volgende in:
- Omvorming van opvoedkundige akademieskap deur innoverende praxis
 - Fasilitering, verspreiding en evaluering van kundigheid in ʼn opvoedkundige konteks en bevordering van kritiese diskoers oor onderwysbeleid en -praktyk
 - Inisiëring en uitvoering van sosiaal-verantwoordbare opvoedkundige navorsing in diverse kontekste
 - Ontwikkeling en aflewering van gehalteprogramme vir die onderwysprofessie
 - Samewerking met gemeenskappe vir sosiale en opvoedkundige verandering
 - Inspirering van professionele opvoeders om agente vir verandering te wees
 - Bevordering van lewenslange leer
 
*Soos deur lede teenwoordig by die Buitengewone Fakulteitsraadsvergadering, 2 Oktober 2014 voorgestel vir goedkeuring tydens die Fakulteitsraadsvergadering, Februarie 2015
    