Nagraadse studies

Hierdie fakulteit het ten doel om ’n leier in nagraadse opleiding en ondersteuning te wees en om nuwe benaderings te ondersoek om kundiges op die verskillende gebiede van onderwysleierskap op te lei. Ons bied gespesialiseerde nagraadse opleidingsprogramme wat sal verseker dat studente die nodige kennis, vaardighede, waardes en motivering verkry om verdere studies in opvoedkunde aan te pak. Ons bevorder, koördineer en doen wetenskaplike navorsing in onderwysprobleme op alle vlakke deur voorgeskrewe opleidingsprogramme. Ons bevorder studente wat die vermoë toon om provinsiale, nasionale en internasionale praktyke en tendense en die implikasies daarvan vir nasionale ontwikkeling te beoordeel.

Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS)

NGOS (Senior en Verdere Onderwys en Opleidingsfase)

(Kwalifikasiekode vir aansoekvorm: Voltyds 4DC G02 en Afstand 4DD G02)

Die NGOS dien as ʼn professionele afrondingskwalifikasie vir kandidate wat reeds oor ʼn goedgekeurde driejarige universiteitsgraad beskik en genoeg krediete in goedgekeurde skoolvakke in die graad ingesluit het. ʼn Student spesialiseer om in die Senior en VOO-fase (Gr 7 tot 12) te kan klasgee.

Studente wat hierdie kwalifikasie, met die fokus op klaskamerpraktyk verwerf, is in staat om bewys te lewer van die kontekstuele rolle en vaardighede van ʼn effektiewe onderwyser.

Die minimum vereistes vir die NGOS in senior & VOO fase is ʼn relevante B-graad of kwalifikasie van ten minste 360 krediete met 2 skoolvakke in die kwalifikasie. Een skoolvak moet tot op 3de jaarvlak wees en die tweede skoolvak tot en met 2de jaarvlak, afhangende van die vak, want sekere vakke het vakspesifieke vereistes.

Studente van die Fakulteit Opvoedkunde moet voldoen aan die MRTEQ (Minimum Requirements for Teacher Education Qualifications) riglyne om 'n opleidingskwalifikasie te behaal. Die MRTEQ vereis dat 'n reeks opeenvolgende praktykdae voltooi moet word by 'n Fakulteit Opvoedkunde goedgekeurde skool as deel van die onderwysersopleidingsprogram. WIL (onderrigpraktyk) is dus 'n belangrike kenmerk van alle opleidingskwalifikasies en 'n voorvereiste om 'n kwalifikasie te verwerf. Die gestelde programvereiste, soos geregistreer by die HEQC, vir die NGOS-kwalifikasie is 'n totaal van 40 skoolgebaseerde onderrigpraktykdae. Alle studente moet 40 dae skoolgebaseerde onderrigpraktyk in hul studietydperk by 'n fakulteit goedgekeurde skool doen. Ononderhandelbare datums vir WIL word vir elke semester bepaal-20 dae in semester 1 en 20 dae in semester 2. Dit vereis dat die student 40 dae WIL gebruik in 'n studiejaar. Let wel-poste vir onderwyshulp, werk buite die skoolgebaseerde onderwyssektor of onderrig/bystand buite die Senior- en VOO-fase kan nie meegedoen word as onderrigpraktykdae nie. As die NGOS oor twee jaar voltooi is, word vereis dat didaktiese modules in die eerste studiejaar en WIL in die tweede studiejaar voltooi word. Dit is verpligtend vir NGOS-studente om hul WIL te doen in beide die Senior (Gr. 7-9) en die VOO (Gr. 10-12) tydens hul studietydperk, verkieslik VOO-fase in die eerste semester en Senior fase in die tweede semester. WIL behels bykomende finansiële koste wat die studente moet dra. Hierdie koste is nie by die klasgeld ingesluit nie.
 
Nagraadse onderwyssertifikaat - Seniorfase en verdere onderwys en opleidingsonderrig (GR. 7 - 12) 4DC G02 Contact 0100P  30 Junie 2023

Die NWU is een van die min universiteite wat die metodiek van Verbruikerstudies in onderwys in hul NGOS program aanbied.

Hierdie kwalifikasie word voltyds en afstand aangebied.

Om aanlyn aansoek te doen kliek hier

Vir verdere navrae kontak:

Mev Beula de Beer
Tel: +27 (0)18 299 1856
E-pos:Beula.DeBeer@nwu.ac.za

 

Ms Lebohang Ranotsi - Vanderbijlpark Kampus

Tel: +27 (0)16 910 3081

Email: 31845568@nwu.ac.za

 

Mrs Prudence Mokawane - Mahikeng Kampus

Tel: +27 (0)18 289 2449

E-pos: Prudence.Mokawane@nwu.ac.za

Nagraadse Onderwysdiploma (PGDip)

Vir meer informasie druk asseblief hierdie skakel

Honneursgraad in Opvoedkunde

PROGRAMME

Kwalifikasiekode

Kurrikulum

Sluitingsdatum vir 2023 aansoeke

Inligtingstegnologie-Onderwys

4EJ L01 Kontak

O601P

30 Junie 2023

Rekenaartoepassingstegnologie-Onderwys

4BG L01 Kontak

O601P

30 Junie 2023

Kurrikulumstudies

4ED L01 Kontak

4EC L01 Afstand

O601P/V/

ODL

30 Junie 2023

Onderwysbestuur en -Leierskap

4EW L01 Kontak

4EX L01 Afstand

O601P/V/M/ODL

30 Junie 2023

Opvoedkundige Sielkunde

4EF  L01 Kontak

O601P

30 Junie 2023

Onderwys vir Spesiale Behoeftes

4 EQ L01 Kontak

 ES L01 Afstand

O601P/V/M/ODL

30 Junie 2023

Lewensoriëntering

4EU Kontak

EV L01 Afstand

O601P/ODL

30 Junie 2023

Geografie-Onderwys

4EH  L01 Kontak

O601P

30 Junie 2023

Omgewings Opvoeding

4ET  L01 Kontak

O601P

30 Junie 2023

Geskiedenis-Onderwys

4BF L01 Kontak

O601P

30 Junie 2023

Wiskunde-Onderwys

4EM Kontak

EL  L01 Afstand

O601P/M/

ODL

30 Junie 2023

Liggaamlike Opvoeding

4EN  L01 Kontak

O601P

30 Junie 2023

Lewenswetenskappe-Onderwys

4EK  L01 Kontak

O601P

30 Junie 2023

Fisiesewetenskappe-Onderwys

4EP  L01 Kontak

O601P

30 Junie 2023

Taalonderrig 4EY  L01 Kontak O601P/M/V  L01 30 Junie 2023

Tegnologie-Onderwys

4ER  L01 Kontak

O601P

30 Junie 2023

 

Meestersgraad in Opvoedkunde (MEd) en Doctorsgraad in Opvoedkunde (PhD)

Jy moet aansoek doen vir toelating tot die MEd/PhD-program. Aansoeke om toelating tot die MEd/PhD-program vir volgende jaar open in Mei en sluit aan die einde van September vanjaar (1 September van die huidige jaar vir inskrywing vir volgende jaar). Maak asseblief seker dat u aansoek voltooi is voor 1 September. Onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie.

Lees meer hier om te verseker dat jou aansoek volledig is voor indiening.