Navorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Opvoedkunde

Navorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Opvoedkunde (EduREC)

Die Navorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Opvoedkunde (EduREC) bied operasionele bestuur van die navorsingsetiekproses in die Fakulteit. Enige navorsing met geen risiko of laerisikonavorsing met menslike deelnemers deur navorsers of studente van die Fakulteit Opvoedkunde vereis etiekklaring van hierdie komitee.

EduREC-dokumente

Algemene dokumente

COVID-19

Maak ook seker dat die volgende dokumente met die gespesifiseerde lêername hieronder by die aansoek (vir studies met menslike deelnemers) ingesluit word:

Die volledige etiekaansoek kan per e-pos by Erna Greyling, Erna.Greyling@nwu.ac.za, ingedien word.

Alle medium- of hoërisikonavorsing, soos navorsing met minderjariges of kwesbare persone, word nie deur hierdie komitee hanteer nie, maar wel deur die Navorsingsetiekkomitee vir Opvoedkunde, Ekonomiese en bestuurswetenskappe, Regte, Ingenieurswese, en Natuurwetenskappe (NWU-EMELTEN-REC) - kontak Me Villera le Roux by villera.leroux@nwu.ac.za or Ethics-EMELTEN@nwu.ac.za vir sulke aansoeke.

 

EduREC-standaardbedryfsprosedures

1.2 Standaardbedryfsprosedure vir die totstandkoming van standaardbedryfsprosedures
2.2 Standaardbedryfsprosedure van navorsingsetiekaansoeke
3.2 Standaardbedryfsprosedure vir die seleksie, aanstelling en funksionering van die NEK
4.2 Standaardbedryfsprosedure vir klagtebestuur
5.2 Standaardbedryfsprosedure vir monitering


Hekwagterstrukture

Aansoekers moet seker maak dat die toepaslike hekwagterstrukture genader word vir toestemming. Hier is besonderhede van enkele van die algemene hekwagters wat deur navorsers in die Fakulteit gebruik word:
- Skoolgebaseerde navorsing: Conducting research in the DBE (toestemming moet by die betrokke provinsiale departement verkry word)
- NWU-gebaseerde navorsing met studente en personeel: NWU se Navorsingsdata-hekwagterskomitee (RDGC)
 

Opleiding

Die Fakulteit Opvoedkunde erken enige een van die volgende drie soorte opleiding vir navorsers, studieleiers, promotors asook nagraadse studente (slegs nagraadse studente wat medium- en hoërisikonavorsing doen of met kwesbare populasies soos minderjariges werk, moet die opleiding voltooi):

  • Fakulteit Opvoedkunde se aanlyn etiekopleiding
    Kontak Erna Greyling, Erna.Greyling@nwu.ac.za, om hierdie opleiding by te woon
     
  • TRREE
    TRREE aanlyn kursus: http://elearning.trree.org/
    Bewyse van afhandeling (soos deur die webwerf verskaf) moet vir die volgende modules ingedien word:
    - Module 1 Introduction to research ethics
    - Module 2.1 Research ethics evaluation
    - Module 3.1 Informed consent
    - National supplement for South Africa
     
  • Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee (HREC) se opleiding
    http://health-sciences.nwu.ac.za/healthethics/about-us
     

 

Kontakbesonderhede

 

Administrateur

Me Erna Greyling

Erna.Greyling@nwu.ac.za / (018) 299 4656

 

Voorsitter

Prof Jako Olivier

Jako.Olivier@nwu.ac.za