Dekaan se verwelkoming

Dekaansverwelkoming

Studente, ouers en medekollegas wat die Fakulteit se webblad besoek - Welkom!  Die Fakulteit is verbind tot die voorsiening van hoë kwaliteit en stimulerende professionele opvoeding wat beide nasionaal en internasionaal gehoor gee aan die konteks waarin ons werksaam is.  Die Fakulteit onderneem onderrig en navorsing en is betrokke by gemeenskappe. Ons stel onsself ten doel deur met hierdie aktiwiteite die intellektuele en vaardigheidsbehoeftes van die onderwys- en opleidingsektor in Suidelike Afrika aan te spreek, beide in terme van die diverse onderwyskontekste in Suid-Afrika en kwaliteitopvoeding.

Ons streef daarna om 'n toonaangewende rol in die bevordering van 'n dinamiese intellektuele kultuur in die onderwyssektor te speel, gekenmerk deur, byvoorbeeld die gebruik en toepassing van die jongste tegnologie en onderrigbeginsels, die ontwikkeling en ondersteuning van lewenslange leer en die ontginning en oordrag van nuwe kennis binne die konteks van onderwys in Suidelike Afrika.