Kurrikulumstudies
Oorsig
Kurrikulumstudies behels die studie van kurrikulumprosesse - i.e. prosesse wat verband hou met onderrig-leer, assessering, klaskamergebaseerde navorsing en kurrikulering - ter voorbereiding van studente wat die voortdurend, veranderende onderwysterrein sal betree. Kurrikulumstudies fokus op die teoretiese en praktiese hantering van nasionale en internasionale kwessies wat kurrikulumprosesse benvloed. Die generiese beginsels onderliggend aan kurrikulumstudies is van toepassing op alle ander studieterreine in die onderwys. Die manier waarop vakke in hierdie vakgroep saamgestel is, poog om 'n kritiese ingesteldheid onder studente te kweek ten einde hulle gereed te maak vir onderwys in diverse omgewings.
Graad opsies
Onderwysreg
Oorsig
Graad opsies
Onderwysbestuursleierskap
Oorsig
Die vakgroep se toewyding aan akademiese onderrig, navorsing en gemeenskapdiens sluit alle vlakke in die onderwysstelsel in waaronder die skoolstelsel, hoër onderwysstelsel en gespesialiseerde ondersteuning aan die nasionale en provinsiale departemente van onderwys.
Die vakgroep werk ten nouste saam met die Centre for Education Leadership en is ʼn integrale deel van die navorsingsentiteit, Edu-Lead.
Die wese van die vakgroep Onderwysbestuur en -leierskap is om die doelstellings van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe ten opsigte van onderrig, navorsing en dienslewering in samewerking met bestaande fakulteitstrukture en onderwysrolspelers te verwesenlik.
Die doel van die vakgroep se werksaamhede is gefokus op die ontwikkeling van die professionele en akademiese leierskap- en bestuursvaardighede van sy lede en studente op alle onderwysvlakke. Studente vanuit die vakgroep word voorberei om leidinggewende rolle op verskillende onderwysvlakke te vertolk, insluitende kurrikulum- en onderrigleiers, bestuursposisies in skole en in die onderwysdepartemente, vakbonde en nie-regeringsorganisasies.
Graad opsies
Vergelykende Opvoedkunde
Oorsig
Vergelykende Opvoedkunde fokus op Onderwysstelsels. Onderwysstelsel word ontleed en beste praktyk word geïdentifiseer. Hierdie beste praktyk word dan binne konteks aangewend om onderwysstelsels te verbeter. In Vergelykende Opvoedkunde word daar as deel van die eerstejaar voorgraadse onderwysopleiding ʼn module aangebied wat fokus op die onderwys in Suid-Afrika vanuit die histories-politiese konteks. In die vierdejaar van voorgraadse onderwysersopleiding word studente blootgestel aan ʼn module waarin studente bekend gestel word aan die struktuur en eienskappe van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en die determinante wat hierdie onderwysstelsel vorm. Op honneursvlak word modules onderrig wat studente bekend stel aan die historiese ontwikkeling, aard, doel en metodes van Vergelykende Opvoedkunde, moderne onderwysstelsels en huidige brandpunte in Onderwys wêreldwyd.
Graad opsies