Die Navorsingseenheid Selfgerigte Leer aan die Noordwes-Universiteit stel die volgende SGL toekennings in 2021 bekend. Daar is drie kategorieë, naamlik:
1. Buitengewone bydrae ter bevordering van Selfgerigte Leer in die breër gemeenskap.
2. Buitengewone navorsingspublikasie in Selfgerigte Leer.
3. Uitsonderlike studente prestasie in navorsing in Selfgerigte Leer.
Hierdie toekennings word toegeken aan 'n individu ter erkenning van hul uitstaande bydrae tot SGL. Kandidate kan deur enige individu of instansie genomineer word vir oorweging deur Die Navorsingseenheid Selfgerigte Leer aan die Noordwes-Universiteit. Nominasies moet vergesel word deur 'n uitgebreide curriculum vitae sowel as 'n motivering om aan te dui dat die kandidaat aan die kriteria voldoen.