Vakgroepoorsig

Vakgroepoorsig

 

Afrikaans vir onderwys

Afrikaans is een van die jongste tale in die wêreld en het (soos Hindi, Moderne Hebreeus en Indonesies) eers gedurende die 20ste eeu ten volle ’n gestandaardiseerde taal geword. Om hierdie rede is daar wêreldwyd belangstelling in Afrikaans. Afrikaans kan onder andere in Nederland, België, Duitsland, Pole en Amerika as universiteitsvak geneem word. Afrikaans is een van elf amptelike tale van Suid-Afrika en is die moedertaal van die meerderheid van die studente wat op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit studeer. Kennis van soveel as moontlik tale is vir onderwysers in ’n veeltalige land soos Suid-Afrika binne die geglobaliseerde wêreld van vandag ’n besondere bate. Daarom word daar van die onderwysstudente verwag om meer as een taal as onderrigmedium te kan gebruik. Daar word ook heelwat navorsing gedoen oor onderrig deur medium van’n tweede of derde taal, sowel as oor die onderrig van tweede en derde tale – eersgenoemde veral deur die vakgroep Engels en laasgenoemde veral deur die vakgroepe Afrikaans en Tswana.

 

Engels vir onderwys

In die Engelse vakgroep bied ons kernvakke sowel as keusevakke aan. Ons fokus is om studente toe te rus om die realiteite van taalonderrig in die veeltalige klaskamers in Suid-Afrika te hanteer, asook om die uitdagings van onderwys oorsee te hanteer.

 

Setswana en Afrikatale vir onderwys

In die vakgroep van Setswana en Afrikatale vir onderwys bied ons kernvakke asook keusevakke aan. Ons fokus daarop om studente toe te rus om die realiteite van taalonderrig as huistaal, eerste addisionele en tweede addisionele taal en die gebruik van basiese Setswana in die veeltalige klaskamers in Suid-Afrika te hanteer. In die moedertaalmodules is die onderrigtaal Setswana en in die niemoedertaalmodules is die onderrigtaal Afrikaans en Engels. Die fokus van navorsing wat tans deur lektore in hierdie departement gedoen word, is hoofsaaklik oor die vak Metodiek van Setswana as huistaal.