Voorgraadse studie-opsies

Afrikaans vir Onderwys

Oorsig

Afrikaans is een van die jongste tale in die wêreld en het (soos Hindi, Moderne Hebreeus en Indonesies) eers gedurende die 20ste eeu ten volle ’n gestandaardiseerde taal geword. Om hierdie rede is daar wêreldwyd belangstelling in Afrikaans. Afrikaans kan onder andere in Nederland, België, Duitsland, Pole en Amerika as universiteitsvak geneem word. Afrikaans is een van elf amptelike tale van Suid-Afrika. Kennis van soveel as moontlik tale is vir onderwysers in ’n veeltalige land soos Suid-Afrika binne die geglobaliseerde wêreld van vandag ’n besondere bate. Daarom word daar van die onderwysstudente verwag om meer as een taal as onderrigmedium te kan gebruik. Daar word ook heelwat navorsing gedoen oor onderrig deur medium van’n tweede of derde taal, sowel as oor die onderrig van tweede en derde tale – eersgenoemde veral deur die vakgroep Engels en laasgenoemde veral deur die vakgroepe Afrikaans en Tswana.

Graadopsies

  • BEd graad
  • BEdHons in Afrikaans vir Onderwys

Engels vir Onderwys

Oorsig

In die Engelse vakgroep bied ons kernvakke sowel as keusevakke aan. Ons fokus is om studente toe te rus om die realiteite van taalonderrig in die veeltalige klaskamers in Suid-Afrika te hanteer, asook om die uitdagings van onderwys oorsee te hanteer.
 

Kernmodules: (ENGF 121 en ENGF 221)

In hierdie modules fokus ons in die inhoud-klaskamer op die onderrig van taal regoor die kurrikulum om sodoende inhoud en taalgeïntegreerde leer te vestig. Hierdie modules is ook nou geskakel met die indiensopleiding wat ons aan onderwysers in ons navorsingsprojek verskaf.
 

Keusevakke: (ENGE 111/122; ENGE 212/221; ENGE 311/321)

Inhoud word gekies om aan die onderwyser al die nodige grondige kennis te verskaf rakende die inhoud van Engels as vak, terwyl die geleentheid terselfdertyd geskep word om metodologiese en pedagogiese vaardighede te verwerf.

Engels-onderwysers moet kennis hê van

·         hoe taal werk 

·         hoe ons leer om dit te gebruik

·         die maniere waarop eietydse kritiese en kulturele teorie van teks en tekstuele
          studie hierdie prosesse verduidelik.
 

Metodiek: (ENGD 212; ENGD 322; ENGD 411/421; ENGD 511/521

Engels-onderwysers moet nou meer as ooit ’n komplekse en dinamiese kurrikulum aan studente uit verskillende sosio-ekonomiese, linguistiese en kulturele agtergronde lewer. Die samelewing is toenemend tegnologies en media-georiënteerd. Veelvoudige geletterdheidvorms vereis ’n breë teoretiese kennis van taal- en geletterdheidsverwerwing en -onderrig. Die NKV (graad R tot graad 12) vorm die basis vir die voorbereiding van Engels-onderwysers wat hulle leerders moet toerus om die uitdagings van hierdie veranderende wreld die hoof te bied.

Graadopsies

  • BEd graad
  • BEdHons in Engels vir Onderwys

Setswana en Afrika-tale vir Onderwys

Oorsig

Die vakgroep bied vyf tale vir Onderwys – Tswana, Sesotho, Sepedi, Zulu en Xhosa – kontak- en afstandsleer. Volgens Noordwes se Provinsiale Taalwet is Afrikaans, Engels, Tswana, Sesotho en Zulu die tale van die provinsie. As gevolg van die feit dat talle voornemende studente wat vir verskillende kwalifikasies aansoek doen, asook praktiserende onderwysers, verkies om hulle professionele kwalifikasies by ons te verwerf of uit te brei, het ons die behoefte raakgesien om die vakgroep uit te brei deur Sepedi en Zulul in te sluit, veral omdat ons wil gehoor gee aan die Minister van Onderwys en die Minister van Kuns en Kultuur se oproep om inheemse tale te ontwikkel.

Die vakgroep aspireer om hoë kwaliteit, innoverende onderrigleer aan te bied wat gedryf word deur self-gerigteleer, vervlegde leer en navorsing wat alle aspekte van diversiteit, UNBUNTU en inheemse kennis integreer vir die voordeel van die Suid Afrikaanse leerders.

Graadopsies

  • BEd graad