Engels vir Onderwys

In die Engelse vakgroep bied ons kernvakke sowel as keusevakke aan. Ons fokus is om studente toe te rus om die realiteite van taalonderrig in die veeltalige klaskamers in Suid-Afrika te hanteer, asook om die uitdagings van onderwys oorsee te hanteer.
 

Kernmodules: (ENGF 121 en ENGF 221)

In hierdie modules fokus ons in die inhoud-klaskamer op die onderrig van taal regoor die kurrikulum om sodoende inhoud en taalgeïntegreerde leer te vestig. Hierdie modules is ook nou geskakel met die indiensopleiding wat ons aan onderwysers in ons navorsingsprojek verskaf.
 

Keusevakke: (ENGE 111/122; ENGE 212/221; ENGE 311/321)

Inhoud word gekies om aan die onderwyser al die nodige grondige kennis te verskaf rakende die inhoud van Engels as vak, terwyl die geleentheid terselfdertyd geskep word om metodologiese en pedagogiese vaardighede te verwerf.

Engels-onderwysers moet kennis hê van

·         hoe taal werk 

·         hoe ons leer om dit te gebruik

·         die maniere waarop eietydse kritiese en kulturele teorie van teks en tekstuele
          studie hierdie prosesse verduidelik.
 

Metodiek: (ENGD 212; ENGD 322; ENGD 411/421; ENGD 511/521

Engels-onderwysers moet nou meer as ooit ’n komplekse en dinamiese kurrikulum aan studente uit verskillende sosio-ekonomiese, linguistiese en kulturele agtergronde lewer. Die samelewing is toenemend tegnologies en media-georiënteerd. Veelvoudige geletterdheidvorms vereis ’n breë teoretiese kennis van taal- en geletterdheidsverwerwing en -onderrig. Die NKV (graad R tot graad 12) vorm die basis vir die voorbereiding van Engels-onderwysers wat hulle leerders moet toerus om die uitdagings van hierdie veranderende wreld die hoof te bied.