Fokus & doelwitte

 

Fokus

 

Edu-Lead fokus op opvoedkundige leierskap en bestuur op alle vlakke van die onderwysstelsel.  Leierskap in skool verband is onderhewig aan die plek en konteks waar die skool funksioneer en dit is dus moeilik om ‘n spesifieke leierskap styl vir alle hoofde voor te skryf.  In die Suid-Afrikaanse konteks waar ‘n groot getal skole onderpresteer is dit een van die grootste  verantwoordelikhede van leiers om toe te sien dat hul verandering in ‘n organisasie te weeg bring deur middel van bestuur en leiding om sodoende optimale prestasie te verkry in ‘n omgewing wat verandering teenstaan. Leiers word verantwoordelik gehou om hoer akademiese prestasie en ‘n positiewe skool omgewing en klimaat te bewerkstellig en benodig die nodige vaardighede, kennis, houding en waardes. Leiers moet toegerus word om suksesvol te wees in die pogings. Onderwys leiers moet bereid wees om te werk in ‘n komplekse en diverse onderwysgemeenskap.  Betekenisvolle verandering sluit sosiale, kulturele asook ekonomiese en politiese aspekte in:  leiers moet rekening hou van die volle konteks van toepassing op ‘n skool.

 


Visie en strategiese doel

The vision of the entity is to establish a niche for research about management and leadership with a focus on educational organisation development and behaviour.


The strategic aim is to development and improvement education, contributing to positive citizenship in the broader South African context.


Doelwit

Die doel van die onderneming is om onderwysbestuur en leierskapsteorie en praktyk op verskillende vlakke vanuit verskillende perspektiewe te ondersoek. Hierdie doelwit sluit in bestuur en leierskap in en vir diversiteit, die menslike en inter- en intrapersoonlike verhoudings in die onderwys, die veranderingsproses vir 'n organisasie, sowel as uitdagings en geleenthede vir leiers om die onderwys te verbeter en die prestasie op 'n hoë vlak te verseker.


   

 

Doelstellings

 

Spesifieke doelwitte is soos volg:

  • Om teorie te bou en praktyk te ontwikkel oor effektiewe professionele ontwikkeling van onderwysleiers en bestuurders in uiteenlopende konteks;
  • Om leierskap en bestuur in verband te bring met organisasie-ontwikkeling en gedrag;
  • Om navorsing te doen en daartoe by te dra tot kritiese debat oor bestuur en leierskap op gebiede soos (maar nie beperk nie tot) finansies, kurrikulum, inligtingskommunikasietegnologie, bestuur, beleidsontwikkeling en implementering, skoolveiligheid en gesondheidsbevordering;
  • Om bestuur en leierskap op verskillende vlakke in die onderwys te bevorder, soos skole, sentrums vir vroeëkinderontwikkeling, hoër onderwys, distrik en provinsiale kantore.