EMHS-REC

Navorsingsetiekkomitee vir Opvoedkunde, Bestuur, Geesteswetenskappe en Sosiale Wetenskappe (EMHS-REC)


Die EMHS-REC is ʼn navorsingsetiekkomitee wat by die National Health Research Ethics Council (NHREC) van die Nasionale Departement van Gesondheid geregistreer is. Die EMHS-REC het ten doel om navorsingsetiek te bevorder deur toe te sien dat die menswaardigheid, regte, veiligheid en welstand van menslike deelnemers aan navorsing beskerm word, asook om te verseker dat navorsingsintegriteit en die hoogste etiese standaarde by die NWU gehandhaaf word.

Die rol en funksie van EMHS-REC:

  • EMHS-REC evalueer navorsingsetiekaansoeke met ʼn nie-gesondheidsgerigte fokus waarby kwesbare deelnemers betrokke is en/of waar die moontlikheid van medium tot hoë risiko van potensiële nadeel vir die deelnemers bestaan.
  • EMHS-REC is verantwoordelik vir die evaluering en goedkeuring van nuwe navorsingsetiekaansoeke, wysigings aan navorsingsprojekte waarvoor daar reeds etiese goedkeuring gegee is, asook die monitering van lopende navorsingsprojekte wat reeds eties goedgekeur is.
  • EMHS-REC is verantwoordelik vir die navorsingsetiekopleiding van NWU navorsers.
  • EMHS-REC tree onmiddellik op wanneer enige insident of ongunstige voorval tydens die navorsingsproses plaasvind wat negatief op die veiligheid van deelnemers, navorsers en die naam van die universiteit mag impakteer.
  • EMHS-REC maak aanbevelings, gee advies en doen verslag aan NHREC en die Research Ethics Regulatory Committee (RERC) wat ʼn sub-komitee van die NWU Senaat is. Jaarlikse verslae word ook by die voorgenoemde komitees ingedien.

Rig navrae aan Marlize Bisschoff by: