Oor ons

Welkom by die Noordwes-Universiteit se Navorsingsetiekkantoor vir Opvoedkunde, Bestuurs- en Ekonomiese Wetenskappe, Regte, Teologie, Ingenieurswese en Natuurwetenskappe (North-West University Education, Management and Economic Sciences, Law, Theology, Engineering and Natural Sciences Research Ethics Committee:  NWU-EMELTEN-REC). Die NWU-EMELTEN-REC is ’n geregistreerde navorsingsetiekkomitee by die Nasionale Gesondheid Navorsingsetiekraad (National Health Research Ethics Council: NHREC) van die nasionale Departement van Gesondheid. Die doel van die NWU-EMELTEN-REC is om navorsingsetiek te bevorder deur te verseker dat deelnemers beskerm word, asook om te verseker dat navorsingsintegriteit en die hoogste etiese standaarde deur die NWU gehandhaaf word.

Die rol en funksie van die NWU-EMELTEN-REC

  • Die NWU-EMELTEN-REC administreer, bestuur en evalueer navorsingsetiekaansoeke met ’n nie-gesondheidsfokus wat kwesbare deelnemers betrek, en/of waar daar ’n medium- of hoërisiko-moontlikheid vir potensiële nadele vir deelnemers bestaan.
  • Die NWU-EMELTEN-REC is verantwoordelik vir:
    • Die evaluering en goedkeuring van nuwe navorsingsetiekaansoeke.
    • Die wysiging van navorsingsprojekte waarvoor etiekgoedkeuring reeds gegee is.
    • Die monitering van lopende navorsingsprojekte wat etiekgoedkeuring ontvang het.
    • Die opleiding van NWU-navorsers in navorsingsetiek.
  • Die NWU-EMELTEN-REC tree onmiddellik op wanneer enige ongewenste insidente tydens die navorsingsproses voorkom wat negatiewe implikasies vir die veiligheid van deelnemers, navorsers en die Universiteit se naam mag inhou.
  • Die NWU-EMELTEN-REC doen aanbevelings, gee advies en doen verslag aan die NHREC en die Navorsingsetiek Regulatoriese Komitee (Research Ethics Regulatory Committee: RERC), wat ’n subkomitee van die NWU Senaat is. Jaarverslae word ook aan bogenoemde komitees voorgelê.
  • Die NWU-EMELTEN-REC ledelys 2020.