Etiekopleiding

Navorsingsetiekopleiding vir navorsers (hoofnavorsers, studieleiers/promotors, medestudieleiers/medepromotors, meestersgraad- en PhD-studente en ander navorsingspanlede) het ’n vereiste van die Departement van Gesondheid en die National Health Research Ethics Council (NHREC) geword. Bewys van formele navorsingsetiekopleiding wat gedurende die afgelope drie jaar ontvang is, moet alle navorsingsetiekaansoeke vergesel.

Die NWU-HREC verskaf drie etiekopleidingsgeleenthede gedurende die loop van die jaar. Maak asseblief van hierdie geleenthede gebruik.

TRREE-etiekopleiding

’n Ander beskikbare opsie is om die gratis aanlyn navorsingsetiekopleidingskursus te volg.

Sou u van die gratis aanlyn navorsingsetiekopleidingskursus gebruik maak, is die volgende modules verpligtend:

  • Module 1 Inleiding tot navorsingsetiek
  • Module 2.1 Navorsingsetiek-evaluering
  • Module 3.1 Ingeligte toestemming
  • Nasionale bylae vir Suid-Afrika

Riglyne vir die TRREE- aanlyn etiekkursus