Kortkursusse

INHEEMSE KENNIS VIR OPVOEDING

 

Vir meer inligting oor die kursusinhoud of registrasieproses, kontak asseblief vir Prof Josef de Beer by

018 285 2626 of josef.debeer@nwu.ac.za

 

Kortkursus oor die rol van inheemse kennis in Geografie en Omgewingsopvoeding

 

Voorgestelde NKR: Vlak 6

Voorgestelde Krediete: 16

 

 Die doelwitte van hierdie kursus is om:

  • aan onderwysers te toon hoe om inheemse kennis in die klaskamer te inkorporeer. Deelnemers sal inskakel by verskeie geografiese en omgewingsopvoeding-leeraktiwiteite wat verband hou met fisiese geografie en sosiale geografie;

  • met inheemse kennis om te gaan wat verband hou met astronomie, landbou, meteorologie, argeologie ens. en sal ook fokus op die maniere waarop die houers van inheemse kennis in harmonie met hulle omgewings gelewe het;

  • te leer hoe om generiese metodes soos De Bono se dink-hoede in die klaskamer te gebruik. Die program sluit ook ʼn besoek aan die Mphebatho Museum in, waar hulle in interaksie sal tree met die houers van inheemse kennis.

Kortkursus oor die rol van inheemse kennis in Fisiese Wetenskappe

 

Voorgestelde NKR: Vlak 6

Voorgestelde krediete: 16

 

Die doelwitte van hierdie kursus is om:

  • aan onderwysers te toon hoe om inheemse kennis in die klaskamer te inkorporeer deur die prosesse van wetenskap te gebruik;

  • chemie- en fisikalaboratoriumondersoeke te onderneem om die ryk inheemse kennis van verskillende kultuurgroepe te bevestig, bv. deur te kyk na endotermiese reaksies wat verband hou met tradisionele leerlooiery, die chemie betrokke in tradisionele brouery, en die fisika betrokke in tradisionele boupraktyke;

  • aan onderwysers te toon hoe om generiese metodes soos De Bono se dink-hoede in die klaskamer te gebruik. Die program sluit ook ʼn besoek aan die Mphebatho Museum in, waar hulle in interaksie sal tree met die houers van inheemse kennis.

Kortkursus oor die rol van inheemse kennis in Natuurwetenskappe (Intermediêre en Senior Fases)

Voorgestelde NKR: Vlak 6

Voorgestelde krediete: 16

Die doelwitte van hierdie kursus is om:

  • aan onderwysers te toon hoe om inheemse kennis in die klaskamer te inkorporeer deur die prosesse van wetenskap te gebruik;

  • biologie-, chemie- en fisikalaboratoriumondersoeke te onderneem om die ryk inheemse kennis van verskillende kultuurgroepe te bevestig, bv. deur te kyk na endotermiese reaksies wat verband hou met tradisionele leerlooiery, die chemie betrokke in tradisionele brouery, die fisika betrokke in tradisionele boupraktyke, en die biologie van die antimikrobiese aksies van medisinale plante wat tradisioneel gebruik word;

  • aan onderwysers te toon hoe om generiese metodes soos De Bono se dink-hoede in die klaskamer te gebruik. Die program sluit ook ʼn besoek aan die Mphebatho Museum in, waar hulle in interaksie sal tree met die houers van inheemse kennis. Sterk klem sal daarop geplaas word om onderwysers te voorsien van ʼn meer genuanseerde begrip van die aard van beide wetenskap en van inheemse kennis.

Kortkursus oor die rol van inheemse kennis in die Lewenswetenskappe-klaskamer

Voorgestelde NKR: Vlak 6

Voorgestelde krediete: 16

Die doelwitte van hierdie kursus is om:

  • aan te dui hoe om inheemse kennis in die klaskamer te inkorporeer deur die prosesse van wetenskap te gebruik;

  • antimikrobiese toetse uit te voer op medisinale plante wat kultureel gebruik word. Benewens die laboratorium-ondersoeke sal onderwysers gewys word hoe om  generiese metodes soos De Bono se dink-hoede in die klaskamer te gebruik. Die program sluit ook ʼn besoek aan die Mphebatho Museum in, waar hulle in interaksie sal tree met die houers van inheemse kennis. Sterk klem sal daarop geplaas word om onderwysers te voorsien van ʼn meer genuanseerde begrip van die aard van beide wetenskap en van inheemse kennis, sowel as die beginsels wat selfgerigte leer onderstut.

Kortkursus oor die rol van inheemse kennis in Tegnologie

Voorgestelde NKR: Vlak 6

Voorgestelde krediete: 16

Die doelwitte van hierdie kursus is om:

  • aan te dui hoe om inheemse kennis in die klaskamer te inkorporeer deur die tegnologiese proses van tegnologie te gebruik;

  • tegnologiese prosesse te onderneem wat geassosieer word met die ryk inheemse kennis van verskillende kultuurgroepe, bv. deur te kyk na endotermiese reaksies wat verband hou met tradisionele leerlooiery, die tegnologie betrokke in tradisionele brouery, en die tegnologie betrokke in tradisionele boupraktyke (bv. die matjieshuise van die KhoiSan);

  • aan te dui hoe om generiese metodes soos De Bono se dink-hoede in die klaskamer te gebruik. Die program sluit ook ʼn besoek aan die Mphebatho Museum in, waar hulle in interaksie sal tree met die houers van inheemse kennis. Sterk klem sal daarop geplaas word om onderwysers te voorsien van ʼn meer genuanseerde begrip van die aard van beide tegnologie en van inheemse kennis deur gebruik te maak van ʼn probleemgebaseerde benadering.

Kortkursus oor die rol van inheemse kennis in Wiskunde

Voorgestelde NKR: Vlak 6

Voorgestelde krediete: 16

Die doelwitte van hierdie kursus is om:

  • aan te dui hoe om inheemse kennis in die wiskunde klaskamer te inkorporeer. Deelnemers sal inskakel by verskeie etnowiskunde-leeraktiwiteite, soos isometriese vorms en geometriese patrone wat kulturele artefakte en kunswerk onderstreep;

  • die wiskunde te ondersoek wat inherent is aan Afrika-musiek. Benewens hierdie etnowiskundige aktiwiteite, sal onderwysers ook gewys word hoe om generiese metodes soos De Bono se dink-hoede in die klaskamer te gebruik. Die program sluit ook ʼn besoek aan die Mphebatho Museum in, waar hulle in interaksie sal tree met die houers van inheemse kennis, en sommige van die tradisionele speletjies wat wiskundige denke ten toon stel.