Projekte

SPESIFIEKE DOELWITTE VAN DIE LEERSTOEL
- Kartering van die landskap rondom oop opvoedkundige hulpbronne (OOH) en multimodale leer in Suider-Afrika en vergelyking met hoe dit met internasionale inisiatiewe skakel;
- Bevordering van 'n nasionale OOH-netwerk saam met plaaslike organisasies en universiteite met bande met die internasionale OOH-gemeenskap;
- Ontwikkeling en ondersteuning van navorsers binne multimodale leer in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG);
- Opleiding van dosente in OOH en multimodale leer in SAOG-lande wat dan bemagtig sal word om ander aanlyn te onderrig;
- Produseer en versprei van navorsing omtrent OOH en multimodale leer en
- Bied van konsultasie en adviesdienste.
 
IDENTIFIED RESEARCH THEMES OF THE CHAIR
- Die kwaliteit en kulturele toepaslikheid van die toepassing van selfgerigte multimodale leer ondersoek;
- Die effektiewe gebruik van mobiele toestelle (soos selfone en tabletrekenaars) vir selfgerigte multimodale leer bepaal;
- Data-ontginning van leerbestuurstelsels (soos eFundi) en interaktiewe studiegidse en toepaslike metadata verken;
- Die multigeletterdheidsaspekte (met betrekking tot taal-, visuele en rekenaargeletterdheid) soos benodig word deur kontak- en afstandstudente in 'n selfgerigteleerkonteks bepaal;
- Ondersoek hoe individualisering en differensiasie in 'n multimodaleleerkonteks geakkommodeer kan word en
- Die wyse waarop die gebruik, vestiging en aanvulling van oop opvoedkundige hulpbronne deur dosente ondersteunend kan funksioneer ten opsigte van multimodale leer in 'n selfgerigteleerkonteks.

LOPENDE PROJEKTE
- Multimodale multigeletterdhede ter ondersteuning van selfgerigte leer (2018-2020). Befonds deur die Nasionale Navorsingstigting.
- Drietalige glossarium vir multimodale leer: Engels-Tswana-Afrikaans (2018-2019). Befonds deur die PUK-Kanselierstrust.
- Verkenning van gesitueerde en kultureeltoepaslike selfgerigte multimodale leer (2019).
- Kartering van multimodale selfgerigte leer en OOH in hoëronderwysinstellings in Suider-Afrika (2019-2021).